bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 24
Psalms 24
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
Alles op hierdie aarde is die Here s’n. Ja, die aarde self en alles wat daarop leef en beweeg, is Syne.
2
Hy het die aarde op die see en riviere gebou.
3
Wie het die reg om in die huis van die Here in te gaan? Wie mag sommer by Hom gaan staan?
4
Iemand wat nie verkeerde dinge doen nie en nog minder daaraan dink, is by die Here welkom; ja, iemand wat nie ander mense kul nie en wie se ja sy ja en wie se nee sy nee is.
5
Vir so iemand sal die Here baie goed wees. God, sy redder, sal sorg dat sy verhouding met Hom reg is.
6
Dit is die mense wat naby die God van Jakob wil wees. Hulle soek na die Here en verlang na sy teenwoordigheid.
7
Poorte, staan gereed en swaai oop, want die magtige Koning wil ingaan. Wees bly daaroor!
8
Wie is hierdie magtige Koning? Dit is die Here. Hy is baie sterk. Niemand kan Hom wen nie. Hy is ’n Held.
9
Poorte, staan gereed en swaai oop, want die magtige Koning wil ingaan. Wees bly daaroor!
10
Wie is Hy presies, hierdie magtige Koning? Dit is die Here. Niemand is sterker as Hy nie. Niemand kan eens naastenby by Hom kers vashou nie. Hy is die Koning.
← Chapter 23
Chapter 25 →