bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 150
Psalms 150
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
Kom prys die Here. Prys God. Aanbid Hom in sy woonplek op aarde, want Hy is heilig. Loof Hom. Hy is so groot, die wye hemelruim is net ’n stukkie van sy blyplek.
2
Prys Hom omdat Hy so sterk is. Loof Hom, want sy grootheid kan jy op geen manier meet nie.
3
Prys Hom met alle musiekinstrumente. Loof Hom met trompette, kitare en viole.
4
Prys Hom met ’n instrument of deur te sing en te dans. Loof Hom deur snare te tokkel en ’n fluit te blaas.
5
Simbale se klanke roep lof aan die Here uit. Loof Hom deur die suiwer klanke.
6
Elkeen wat asemhaal, luister nou: Loof die Here. Kom prys die Here!
← Chapter 149