bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 14
Psalms 14
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
Dit is net ’n baie dom mens wat dink God is nie daar nie. Jy kan dit sien aan wat sulke mense doen: hulle kul en bedrieg net. Hulle stel nie belang om enigiets goeds te doen nie.
2
Die Here soek tussen mense na iemand wat die verstand het om na Hom te soek en te doen wat Hy vra.
3
Maar mense het gekies om die verkeerde pad te loop. Nie een van hulle leef soos God wil hê nie. Hulle het sleg geword. Sal die slegte mense nooit leer nie? Kyk net wat doen hulle:
4
Hulle behandel die kinders van God sleg en buit hulle uit. Hulle praat nie eens met God nie.
5
Maar hulle gaan groot skrik. Want God sien om na sy kinders.
6
Die slegte mense probeer die hele tyd om arm mense skade aan te doen. Maar die Here sal sy mense beskerm.
7
Ek bid dat die Here sy kinders uit sy woonplek sal help. Dit sal hulle bly maak as die Here hulle gee wat hulle nodig het, as Hy hulle in hulle eer herstel.
← Chapter 13
Chapter 15 →