bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 12
Psalms 12
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
***
2
Red tog, Here, want daar is nie enige gelowiges oor nie. Hulle wat U gedien het, het tussen neus en oë verdwyn. Daar is niemand op wie ek kan vertrou nie.
3
Mense lieg en bedrieg mekaar. Met mooi woorde is die een besig om die ander om die bos te lei en te bedrieg.
4
Ek wens die Here wil alle vleiery en grootpratery laat verdwyn. Daar is mense wat sê:
5
“Ons kan enigiemand ’n gat in die kop praat. Met die mond kry ons alles reg. Ons is baas oor almal.” Die Here het genoeg daarvan gehad.
6
Hy sê: “Ek gaan almal help wat verdruk word. Ek hoor die hulpkrete van mense in nood. Ek sal elkeen beskerm wat na my verlossing smag.”
7
Wat die Here sê, dit bedoel Hy. Sy beloftes is eg. Hulle is soos goud wat in ’n vuurwarm oond skoongebrand is. ’n Mens kan daarop reken.
8
Here, U sal hulle beskerm. U sal ons teen die slegte mense van ons dag beskerm,
9
selfs al loop hulle oral rond en spog; selfs al is almal rondom ons propvol slegte dinge.
← Chapter 11
Chapter 13 →