bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 110
Psalms 110
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
Die Here het vir my heer, die koning, gesê: “Kom sit hier op die ereplek tot Ek al jou vyande onderwerp het.”
2
Die Here sal uit Sion jou koninklike mag laat voortrol: heers dan oor jou vyande. Jou mense sal graag in die oorlog saam met jou kom veg.
3
Die jongmense sal al van vroeg af reg staan, aangetrek vir die geveg. Dit sal vir jou lekker wees om dit te sien.
4
Die Here het ’n belofte gemaak waaroor Hy nie spyt sal wees nie: “Jy sal My op ’n wonderlike wyse dien, soos Melgisedek.”
5
Die Here sal jou laat wen. As Hy kwaad word, verbrysel Hy jou vyande.
6
Of dit nou belangrike heersers met baie mense is, dit maak nie saak nie. Die lyke van jou vyande en hulle leiers sal gesaai lê.
7
Maar ons koning sal langs ’n stroompie water kan ontspan en daarvan drink, want hy het gewen.
← Chapter 109
Chapter 111 →