bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Job 25
Job 25
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
Bildad het Job geantwoord en gesê:
2
“God is in beheer. Mense behoort Hom te vrees. Hy sorg dat daar vrede in die hemel is.
3
Wie kan sy leërmag tel? Is daar iemand oor wie sy lig nie skyn nie?
4
Hoe kan ’n doodgewone mens voor God staan en sê dat hy altyd reg doen en sonder skuld is?
5
Die maan is nie helder genoeg en die sterre nie blink genoeg as jy dit met God vergelyk nie.
6
As dit so is, is mense nog baie minder werd vir die Here. Die mens is eintlik maar net ’n wurm in sy oë!”
← Chapter 24
Chapter 26 →