bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Isaiah 12
Isaiah 12
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
Op daardie dag sal julle die volgende lied sing: “Loof die Here! U was kwaad vir ons, maar daardie tyd is verby, nou troos en ondersteun U ons!
2
Kyk, God het ons kom red. Ons stel ons vertroue in Hom, ons is nie meer bang vir Hom nie. Die Here ons God maak ons sterk en beskerm ons. Hy is ons verlosser.”
3
Soos ’n fontein met vars, helder water ’n dors mens laat jubel van vreugde, so sal julle jubel oor die verlossing wat kom.
4
Dan sal julle sing: “Loof die Here en eer sy Naam. Vertel vir die volke van alles wat Hy gedoen het. Vertel vir hulle hoe wonderlik Hy is.
5
Sing tot eer van die Here, want Hy het verstommende dinge gedoen. Gaan vertel dit vir die hele wêreld.
6
Almal wat in Jerusalem bly, moet jubel en juig! Israel se God is heilig en ontsagwekkend, Hy woon onder julle!”
← Chapter 11
Chapter 13 →