bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 93
Psalms 93
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
Die Here is Koning. Hy dra sy koningklere, Hy is sterk. Hy laat die aarde vas staan, dit skud nie.
2
Here, u troon staan vas van die begin af, U was van altyd af daar.
3
Here, die watervloed het geraas, die watervloed het hard geraas, die branders van die watervloed het geraas.
4
Die Here wat uit die hemel regeer, is sterker as die baie water, Hy is sterker as die branders van die see.
5
Here, u wette sal nooit verander nie, u tempel moet altyd 'n gewyde plek wees.
← Chapter 92
Chapter 94 →