bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 87
Psalms 87
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
Van die Korag-groep. 'n Psalm. 'n Lied. Die fondamente van die stad van die Here is op die gewyde berge.
2
Die Here is lief vir Sion en sy poorte, meer lief as vir die ander woonplekke in die land Israel.
3
Stad van God, die mense sê wonderlike dinge oor jou. Sela
4
Die Here sê: “Daar is volke wat My ken, en saam met daardie volke noem Ek ook die mense van Egipte en Babel, Filistyne-land, Tirus en Kus. Hulle is nou ook kinders van Sion.”
5
En ons sê: “Sion sal hoor daardie mense is almal sy kinders, en dit is die Hoogste God wat die stad sterk en vas laat staan.”
6
Wanneer die Here die name van die volke opskryf, dan sal Hy hulle almal tel en sê hulle is kinders van Sion. Sela
7
Hulle sal sing en dans, en hulle sal sê: “In Sion is alles wat vir my goed is.”
← Chapter 86
Chapter 88 →