bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 8
Psalms 8
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos die lied oor die parskuip. 'n Psalm van Dawid.
2
Here, ons Here, die hele aarde en die lug daarbo wys dat U Koning is en dat U regeer.
3
Ook klein kindertjies sing oor u krag. U vyande moet dit weet, mense wat téén U is, moet stilbly.
4
U het die lug en die maan en die sterre met u hande gemaak. Wanneer ek daarna kyk, dan dink ek:
5
'n Mens beteken niks. Hoekom dink U aan mense? Hoekom onthou U iemand wat net 'n mens is?
6
U het die mens amper soos 'n engel gemaak, U het vir hom eer gegee en U het hom belangrik gemaak.
7
U laat hom regeer oor alles wat U gemaak het. U het gesê hy is die hoof oor alles:
8
oor die skape en bokke en beeste, ja, oor hulle almal, en oor die wilde diere,
9
oor die voëls in die lug en oor die visse in die see, oor alles wat in die see swem.
10
Here, ons Here, die hele aarde wys dat U Koning is.
← Chapter 7
Chapter 9 →