bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 76
Psalms 76
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
Vir die leier van die koor: Met snaarmusiek. 'n Psalm van Asaf. 'n Lied.
2
Die mense van Juda ken vir God, die mense van Israel ken Hom.
3
Jerusalem is God se woonplek, Sion is die plek waar Hy graag wil wees.
4
Daar het Hy die vyande se brandpyle gebreek en ook hulle skilde en swaarde. Daar het Hy die oorlog laat ophou. Sela
5
U het soos 'n koning teruggekom nadat U die vyande oorwin het op die berge.
6
U het alles gevat wat die dapper manne van die vyand gehad het, hulle het gesterf, hulle kon nie veg nie.
7
Toe die God van Jakob gepraat het, kon die soldate op perde en oorlogkarre niks doen nie.
8
U, o God, almal is bang vir U. Wanneer U kwaad is, dan kan niemand voor U staan nie.
9
Toe U uit die hemel praat en reg doen aan mense, het die mense op die aarde bang geword en stilgebly.
10
Dit was toe God begin het om te oordeel en om al die mense op die aarde te red wat hulleself nie kan help nie. Sela
11
Mense het kwaad geword vir U, maar ook húlle moes U prys, hulle moes vir U dien, almal wat kwaad was vir U.
12
Julle moet vir julle God die Here die offers bring wat julle belowe het. Die mense rondom die tempel moet presente bring vir God. Hy is die God vir wie almal moet eer.
13
Hy verneder leiers wat hoogmoedig was, die konings van die aarde moet Hom eer.
← Chapter 75
Chapter 77 →