bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 67
Psalms 67
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
Vir die leier van die koor: Met snaarmusiek. 'n Psalm, 'n lied.
2
O God, U moet goed wees vir ons en ons seën, U moet na ons toe kom. Sela
3
Dan sal die mense op die aarde weet wat U wil hê, al die volke sal weet dat U hulle wil red.
4
O God, die volke moet U prys, die volke moet U prys, hulle almal moet dit doen.
5
Die volke moet bly wees en vrolik sing, want wanneer U die volke oordeel, dan doen U reg aan almal. U lei die volke op die aarde.
6
O God, die volke moet U prys, die volke moet U prys, hulle almal moet dit doen.
7
Die aarde het koring en vrugte gegee, God, ons God, seën ons.
8
God seën ons, en al die mense op die aarde moet Hom eer.
← Chapter 66
Chapter 68 →