bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 65
Psalms 65
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
Vir die leier van die koor: 'n Psalm van Dawid. 'n Lied.
2
O God, ons wil stil wees voor U, ons wil U prys in Sion, ons wil doen wat ons vir U belowe het.
3
Dit is U wat luister wanneer mense tot U bid. Al die mense wil na U toe kom
4
om te bely dat hulle sondaars is. Ons sondes is vir ons te veel om te dra, dit is U wat ons sondes moet wegneem.
5
Dit gaan goed met iemand wanneer U hom kies en hom laat nader kom om voor u tempel te staan. Hy sal genoeg kry van al die goeie dinge in u tempel, u gewyde woonplek.
6
Wanneer U reg doen aan ons en vir ons antwoord, dan doen U wonderlike dinge, U, die God wat ons red. Al die mense weet dat U sal help, al die mense in die verste plekke op die aarde en ver anderkant die see.
7
U is sterk, sterker as alles en almal, U het die berge neergesit op hulle plek.
8
Wanneer U praat, dan word die see en sy branders stil, en die volke hou op om te raas.
9
Die wonderwerke wat U doen, laat die mense op die hele aarde bang word. U laat hulle vrolik sing in die ooste en in die weste.
10
U sorg vir die aarde, U gee die reën, U maak die grond baie vrugbaar. 'n Groot stroom water kom van U en U laat die koring groei, ja, U doen dit alles.
11
U laat dit baie reën in die koringlande, daar is baie water waar die mense geploeg het. U maak die harde stukke grond nat, dit word sag van die reën. U laat die plante groei.
12
U maak dit 'n mooi jaar, alles groei goed, oral waar U gaan.
13
Die weivelde is vol gras, die heuwels juig.
14
Die veld is vol skape en bokke, die valleie is vol koring, die mense skree, hulle sing.
← Chapter 64
Chapter 66 →