bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 63
Psalms 63
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
'n Psalm van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was.
2
O God, U is my God, ek wil naby U wees. Ek verlang na U hier in 'n droë land, hier is nie water nie, en alles kry swaar om te lewe.
3
Ek het in die tempel na U gekyk, en ek het gesien dat U sterk is en dat U die Koning is. Ek wil dit nou ook weer sien.
4
U doen wat U belowe, en dit is beter as die lewe self. Daarom wil ek U prys.
5
So sal ek vir U dankie sê so lank soos ek lewe, ek sal my hande uitsteek na U toe en ek sal u Naam sê.
6
Dit sal vir my lekker wees, so lekker soos 'n fees-ete, wanneer ek sing en U prys.
7
Wanneer ek aan U dink hier op my bed, wanneer ek die hele nag oor U lê en dink,
8
dan onthou ek dat U my altyd gehelp het en my beskerm het soos 'n hen haar kuikens beskerm. En dan sing ek weer.
9
Ek wil naby U bly, U hou my regop met u sterk hand.
10
Maar daardie mense wat wil hê dat dit sleg moet gaan met my, hulle sal sterf en moet afgaan na die diep plekke onder die aarde.
11
Hulle sal in 'n oorlog sterf, en die jakkalse sal hulle opvreet.
12
Dan sal die koning bly wees dat hy aan God behoort. Elkeen wat iets belowe en sê God is sy getuie, sal vir God prys, want die mense wat lieg, sal moet stilbly.
← Chapter 62
Chapter 64 →