bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 54
Psalms 54
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
Vir die leier van die koor: Met snaarmusiek. 'n Lied van Dawid
2
toe die Siffiete vir Saul gaan sê het dat Dawid by hulle wegkruip.
3
O God, U self moet my red, U is sterk, U moet vir almal wys dat ek onskuldig is.
4
O God, U moet luister na my gebed, U moet doen wat ek vir U vra,
5
want mense wat ek nie ken nie, wil my aanval, wrede mense wil hê dat ek moet sterf. Hulle maak of daar nie 'n God is nie.
6
Hulle moet weet dat dit God is wat my help, my Here beskerm my lewe.
7
Hy sal aan my vyande die slegte dinge doen wat hulle aan my wou doen. O God, U doen altyd wat U self besluit, U moet hulle vir altyd stil laat word.
8
Ek sal 'n offer bring wat U nie gevra het nie, ek sal vir U dankie sê, Here, want U is goed.
9
Want U het my gered uit elke gevaar, ek het gesien my vyande lê voor my.
← Chapter 53
Chapter 55 →