bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 51
Psalms 51
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
Vir die leier van die koor. 'n Psalm van Dawid
2
toe hy seks gehad het met Batseba en die profeet Natan na hom toe gekom het.
3
O God, U moet genadig wees vir my, want U doen altyd wat U belowe het. U is altyd jammer vir u mense, daarom moet U nie meer daaraan dink dat ek opstandig was teen U nie.
4
U moet alles wegneem wat ek verkeerd gedoen het. U moet my reinig en my sonde wegwas soos 'n mens iemand skoon was.
5
Ja, ek weet self dat ek opstandig was, ek vergeet nooit my sonde nie.
6
Ek het sonde gedoen teen U, net teen U, ek het dinge gedoen waarvan U nie hou nie. Daarom was U reg toe U gesê het dat ek skuldig is, U het nie 'n fout gemaak toe U my ge-oordeel het nie.
7
Ek weet, ek het verkeerd gedoen vandat ek gebore is, ek was 'n sondaar voordat ek gebore is.
8
Ek weet, U hou van die waarheid, ook in die donker, U leer vir my wysheid waar niemand dit kan sien nie.
9
U moet my reinig van my sonde, soos die priesters dinge reinig met 'n hisop-takkie. U moet my rein maak soos wanneer iemand iets skoon was, so skoon dat dit witter as sneeu is.
10
U het my baie swaar laat kry, maar U moet my weer vrolik en bly maak, U moet my weer laat juig.
11
U moenie na my sonde kyk nie, U moenie dink aan al die verkeerde dinge wat ek gedoen het nie.
12
O God, gee vir my 'n nuwe hart wat rein is, maak my gees in my nuut, sodat ek altyd aan U kan behoort.
13
U moenie vir my weggooi nie, U moet altyd by my bly.
14
U moet my red sodat ek weer bly kan wees, U moet my help om gehoorsaam te wil wees aan U.
15
Ek sal vir mense wat opstandig is, leer hoe om vir U te dien, sondaars sal terugkom na U toe.
16
O God, U moet my red sodat mense my nie doodmaak nie. U is die God wat my sal red, ek sal juig wanneer U my red.
17
My Here, gee vir my die woorde om U te prys,
18
want offers is nie vir U belangrik nie, U hou nie daarvan dat ek net brand-offers gee nie.
19
Die offers wat God wil hê, is dat 'n mens jammer moet wees oor sy sonde. O God, U wil hê dat 'n mens sleg moet voel oor sy sonde en jammer wees daaroor.
20
U moet besluit om weer goed te doen aan Sion, U moet die mure van Jerusalem weer bou.
21
Dan sal U die offers weer geniet wat die mense moet bring, die brand-offers, die diere wat hulle heeltemal offer. Dan sal hulle weer bulle offer op u altaar.
← Chapter 50
Chapter 52 →