bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 47
Psalms 47
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
Vir die leier van die koor: Van die Korag-groep. 'n Psalm.
2
Al die volke, julle moet hande klap, julle moet hard skree en sing vir God,
3
want almal moet die Here eer, die Here, die Hoogste God. Hy is die Groot Koning van die hele aarde.
4
Hy het ons laat wen teen ander volke, hulle moet ons dien.
5
Hy kies vir ons die land wat altyd ons land mag wees, die pragtige land van Jakob vir wie Hy lief is. Sela
6
Toe God na sy tempel gaan, het die mense geskree, hulle het vir die Here die ramshoring geblaas.
7
Julle moet sing vir God, julle moet sing, julle moet sing vir ons Koning, julle moet sing,
8
want God is die Koning van die hele aarde, julle moet vir Hom 'n lied sing.
9
God is Koning van die volke, God het gaan sit op sy gewyde troon.
10
Die leiers van die ander volke sal bymekaarkom saam met die volk van die God van Abraham, want God regeer oor die mense wat oor die aarde regeer, Hy is hoog bo almal.
← Chapter 46
Chapter 48 →