bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 23
Psalms 23
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
'n Psalm van Dawid. Die Here is my Herder, Hy sorg vir my, ek het genoeg van alles.
2
'n Herder bring sy skape na goeie weiveld, hulle eet genoeg en hulle gaan lê. Hy bring hulle na die water, en daar gaan hulle lê en rus.
3
So gee die Here ook vir my nuwe krag, Hy leer vir my om reg te lewe, want ek behoort aan Hom.
4
Ook wanneer ek deur 'n diep en donker vallei moet loop, dan sal ek nie bang wees nie, want U, Here, is by my. U beskerm my soos 'n herder sy skape beskerm met sy stok en met sy kierie.
5
U nooi my om by u tafel te sit, maar my vyande moet staan en kyk. U laat my baie belangrik voel, U laat my alles geniet.
6
U is goed vir my, en U doen wat U belowe het, U doen dit oral waar ek gaan, so lank soos ek lewe. Here, ek sal altyd weer terugkom na u tempel, ek sal dit my hele lewe lank doen.
← Chapter 22
Chapter 24 →