bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 16
Psalms 16
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
'n Lied van Dawid. My God, U moet my beskerm, ek wil veilig wees by U.
2
Here, ek het vir U gesê ek behoort aan U, al die goeie dinge wat ek het, kom van U.
3
Daar is afgode in hierdie land, en daar is mense wat van hulle hou en wat dink dat die afgode heilig en sterk is.
4
Dit sal baie sleg gaan met mense wat in daardie afgode glo. Ek sal nie drank-offers van bloed vir hulle gee nie, ek sal nooit hulle name sê nie.
5
Here, ek het net vir U, dit is net U wat my kan laat lewe, dit is Ú wat besluit wat met my sal gebeur.
6
U laat my woon op 'n plek wat baie mooi is, ek is lief vir die plek wat U vir my gegee het.
7
Ek prys die Here, Hy sê vir my wat ek moet doen, ook in die nag dink ek aan wat U vir my leer.
8
Ek weet die Here is altyd naby my. Ek val nie, want Hy is by my.
9
Daarom, ek is bly, ek juig, ek is altyd veilig,
10
want U sal my nie los nie, ek sal nie sterf nie. Ek glo in U, en U sal my nie in die graf laat kom nie.
11
U leer vir my hoe om te lewe, U leer vir my dat 'n mens wat naby U is, 'n dankbare mens is, U leer vir my dat dit altyd lekker is by U.
← Chapter 15
Chapter 17 →