bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 138
Psalms 138
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
Van Dawid. Here, ek wil vir U dankie sê met my hele hart, ek wil vir U sing sodat al die gode dit kan hoor.
2
Ek wil buig na u gewyde tempel en ek wil u Naam prys omdat U doen wat U belowe het en omdat U dieselfde bly.
3
Die dag toe ek geroep het en gevra het dat U my moet help, toe het U my geantwoord, U het my sterk gemaak.
4
Al die konings van die aarde sal vir U dankie sê, want hulle het gehoor wat U gesê het.
5
Hulle sal sing oor die dinge wat die Here gedoen het, want die Here is 'n groot Koning.
6
Die Here is hoog in die hemel maar Hy sien wie die nederige mense is en Hy weet ook baie goed wie die hoogmoedige mense is.
7
Wanneer dit sleg gaan met my, dan laat U my aanhou lewe. U steek u hand uit en U keer my vyande wat kwaad is vir my, U red my met u eie hand.
8
Die Here doen alles vir my. Here, U doen altyd wat U belowe het. U het die mense met u eie hande gemaak, U moenie vir hulle alleen los nie.
← Chapter 137
Chapter 139 →