bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 111
Psalms 111
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
Julle moet die Here prys. Ek wil vir die Here dankie sê in die gemeente, in die vergadering van mense wat eerlik lewe.
2
Die Here het groot dinge gedoen. Almal wat bly is oor wat Hy gedoen het, onthou dit.
3
Sy werk is soos die werk van 'n koning, Hy doen altyd reg aan mense.
4
Hy laat ons dink aan sy wonderwerke. Die Here is goed vir mense wat swaarkry, Hy is genadig.
5
Hy het kos gegee vir die mense wat Hom dien, Hy onthou altyd sy verbond.
6
Hy het vir sy volk gewys hoe sterk Hy is toe Hy vir hulle die lande van die ander volke gegee het.
7
Hy bly altyd dieselfde, en alles wat Hy doen, doen Hy reg. Sy wette verander nooit nie.
8
Hulle is vir altyd en altyd daar. 'n Mens moet doen wat die wette sê, jy moet dit presies en eerlik doen.
9
Toe die Here sy volk vrygemaak het, het Hy gesê dat sy verbond vir altyd daar sal wees. Hy is heilig, almal word bang wanneer hulle sy Naam hoor.
10
As iemand wysheid wil kry, dan moet hy die Here eer en dien, as iemand regtig verstandig wil word, dan moet hy doen wat die Here wil hê. Mense moet die Here prys, hulle moet Hom altyd prys.
← Chapter 110
Chapter 112 →