bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Joshua 16
Joshua 16
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
Hulle het lootjies getrek en hulle het vir die nageslag van Josef die grond gegee wat begin by die Jordaan-rivier naby Jerigo, oos van die Jerigo-fonteine. Die grens gaan van Jerigo deur die woestyn na die Bet-El-berge,
2
en van Bet-El na die stad Lus, en dan verby die grens van die Arkiete na die stad Atarot.
3
Daarna gaan die grens wes na die grens van die Jafletiete tot teen die grens van die stad Bet-Goron-Onder en die stad Geser, en dan tot teen die see.
4
Dit is die grond wat die nageslag van Josef, die stamme Manasse en Efraim, gekry het.
5
Die grens van die grond van die families in die Efraim-stam gaan van die stad Atrot-Addar in die ooste na die stad Bet-Goron-Bo
6
en dan verder tot teen die see. Van die stad Mikmetat in die noorde draai die grens verby die stad Taänat-Silo na die stad Janoag in die ooste.
7
Van Janoag gaan die grens af na die stede Atarot en Naära, en dan na Jerigo en tot teen die Jordaan-rivier.
8
Van die stad Tappuag gaan die grens wes in die Kana-vallei tot teen die see. Dit is die grond van die families in die Efraim-stam.
9
Die Efraim-mense het ook stede gekry op die grond van die Manasse-mense, hulle het die stede en die dorpies daar naby gekry.
10
Die Efraim-mense het nie die Kanaäniete oorwin en weggejaag wat in die stad Geser gewoon het nie. Die Kanaäniete woon nou nog tussen die Efraim-mense, maar hulle moet vir die Efraim-mense werk.
← Chapter 15
Chapter 17 →