bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Isaiah 12
Isaiah 12
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
Jy sal daardie dag sê: “Here, ek wil U prys, want U was kwaad vir my, maar U is nie meer kwaad nie en U het dit weer goed laat gaan met my.
2
U is die God wat my sal red. Ek glo dit, en ek sal nie bang wees nie. Die Here maak my sterk en bly. Hy is my Redder.”
3
Julle sal bly wees en juig wanneer julle water skep uit die Fontein van redding.
4
Julle sal daardie dag sê: “Prys die Here, sê vir almal wie Hy is, vertel vir al die volke wat Hy gedoen het, sê vir hulle Hy is belangriker as alles.
5
Sing en prys die Here, want Hy het 'n wonderlike ding gedoen. Sê dit vir al die mense op die aarde.
6
Julle wat in Sion woon, julle moet vrolik wees en juig, want die Heilige God van Israel is by julle, en Hy is sterk.”
← Chapter 11
Chapter 13 →