bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Ezekiel 15
Ezekiel 15
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
Ek het gehoor die Here sê vir my:
2
“Mens, die hout van 'n wingerdstok is nie beter as enige ander hout wat in die bos groei nie.
3
Niemand gebruik dit om iets te maak nie. Niemand gebruik wingerdhout om 'n haak te maak sodat hy iets aan die haak kan hang nie.
4
Luister, wanneer 'n mens hout in die vuur sit, dan brand dit by die twee punte en in die middel. Dit is dan nie meer goed nie, jy kan dan nie meer iets daarvan maak nie.
5
Wanneer wingerdhout nog nie gebrand het nie en dit 'n heel stuk hout is, dan kan 'n mens niks daarvan maak nie. En wanneer dit gebrand het, dan kan 'n mens dit glad nie gebruik nie.”
6
Die Here, Hy wat Here is, sê: “Daarom, Ek het die wingerdhout tussen die bome in die bos gemaak om dit te verbrand. Ek sal dieselfde doen met die mense wat in Jerusalem woon, Ek sal hulle verbrand.
7
Ek het hulle vyand geword. Hulle sal uit die vuur vlug, maar die vuur sal hulle brand. En julle sal weet dat Ek die Here is wanneer Ek hulle vyand geword het.
8
Ek sal die land verwoes, niemand sal daar kan woon nie omdat die mense wat daar woon, ontrou is.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
← Chapter 14
Chapter 16 →