bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
/
Psalms 93
Psalms 93
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
1
Die HERE is Koning, Hy is bekleed met majesteit; die HERE is bekleed met sterkte waarmee Hy Hom omgord het; ook is die wêreld vas, dat dit nie wankel nie.
2
U troon is gevestig van ouds af, U is van ewigheid af.
3
Die strome het verhef, o HERE, die strome het hul stem verhef; die vloede verhef hulle golwe.
4
Die HERE in die hoogte is sterker as die gedruis van baie waters, ja, as die geweldige golwe van die see.
5
U getuienisse is baie vas: heiligheid is U huis, o HERE, tot in ewigheid.
← Chapter 92
Chapter 94 →