bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 93
Psalms 93
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Die Here regeer; Hy is met majesteit beklee. Die Here beklee Hom, met krag omgord Hy Hom. Ja, die wêreld staan vas, dit wankel nie.
2
U troon staan vas van vroeg af; U is van ewigheid af.
3
Seestrome het hulle verhef, Here, seestrome het hulle stem verhef, seestrome verhef hulle golfslag.
4
Magtiger as die gedreun van baie waters, as die branders van die see, is die Here, magtig in die hoogte.
5
U bepalings is baie betroubaar; vir u huis is heiligheid gepas, Here, tot in lengte van dae.
← Chapter 92
Chapter 94 →