bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 82
Psalms 82
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
'n Psalm. Van Asaf. God gaan staan in die vergadering van die gode; in die teenwoordigheid van die gode lewer Hy uitspraak:
2
“Hoe lank gaan julle nog onregverdig oordeel en vir goddeloses partydig wees?
3
Handhaaf die reg van hulpeloses en vaderloses; laat reg geskied aan magteloses en armes.
4
Bevry hulpeloses en behoeftiges, red hulle uit die mag van goddeloses.
5
“Hulle weet niks nie en hulle verstaan nie, hulle verkeer in die duister. Al die fondamente van die aarde wankel.
6
“Ek self het gesê julle is gode, seuns van die Allerhoogste, julle almal.
7
Maar, soos mense sal julle sterf, soos enige leier sal julle val.”
8
Staan op, o God, oordeel die aarde, want U het besitreg oor al die nasies.
← Chapter 81
Chapter 83 →