bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 8
Psalms 8
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Vir die •musiekleier. Op Haghittiet. 'n Psalm. Van Dawid.
2
Here, ons Heer, hoe magtig is u Naam oor die hele aarde, U wat u luister bo die hemelruim vestig.
3
Deur die mond van kleuters en suigelinge het U mag gevestig, vanweë u teenstanders, om vyande en wraakgieriges stil te maak.
4
Wanneer ek na u hemelruim kyk, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U gevestig het –
5
wat is 'n mens dan dat U aan hom dink, 'n mensekind dat U aan hom aandag skenk?
6
U het hom net minder as 'n hemelse wese gemaak; U het hom met eer en majesteit gekroon.
7
U laat hom heers oor die werk van u hande; U het alles onder sy voete gestel:
8
al die kleinvee en beeste, ja, selfs die diere van die veld,
9
die voëls van die hemel, en die visse van die see wat verbytrek op hulle roetes deur die oseane.
10
Here, ons Heer, hoe magtig is u Naam oor die hele aarde!
← Chapter 7
Chapter 9 →