bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 67
Psalms 67
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Vir die •musiekleier. Met snarespel. 'n Psalm. 'n Lied.
2
Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy die lig van sy aangesig by ons laat skyn.
3
Mag U pad op die aarde bekend wees, u verlossing onder al die nasies.
4
Mag volke U prys, o God, mag al die volke U prys.
5
Mag nasies bly wees en jubel, want U oordeel volke billik; en nasies, mag U hulle op die aarde lei.
6
Mag volke U prys, o God, mag al die volke U prys.
7
Die aarde het sy opbrengs gelewer. Mag God, ons God, ons seën.
8
Mag God ons seën, sodat al die uithoeke van die aarde vir Hom ontsag sal hê.
← Chapter 66
Chapter 68 →