bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 6
Psalms 6
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Vir die •musiekleier. Met snarespel. Op “Die agtste”. 'n Psalm. Van Dawid.
2
Here, moet my in u toorn nie teregwys en my in u woede nie bestraf nie.
3
Wees my genadig, Here, want ek, ek kwyn weg; genees my, Here, want tot in my gebeente is ek beangs,
4
ja, tot in my siel is ek heeltemal vreesbevange. Ag, Here, hoe lank nog?
5
Keer terug, Here, red my lewe; verlos my op grond van u troue liefde!
6
Waarlik, in die dood kan u gevierde Naam nie aangeroep word nie. Wie kan U in die •doderyk prys?
7
Ek is moeg van my gesug, elke nag deurdrenk ek my bed, deurweek ek my slaapbank met trane.
8
My oë is dik geswel van verdriet, vermoeid van al my teenstanders.
9
Gee pad van my af, julle almal wat onreg pleeg, want die Here het gehoor hoe hard ek huil.
10
Die Here het my smeking gehoor; die Here aanvaar my gebed.
11
Al my vyande staan beskaamd, hulle is heeltemal vreesbevange. Binne 'n oogwink draai hulle vernederd weg.
← Chapter 5
Chapter 7 →