bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 43
Psalms 43
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Handhaaf my reg, o God, en verdedig my saak teen 'n ontroue nasie; bevry my van mense wat bedrog en onreg pleeg.
2
U is immers die God by wie ek toevlug soek. Waarom verwerp U my dan; waarom moet ek in rouklere loop oor die verdrukking deur 'n vyand?
3
Stuur u lig en u waarheid; laat dit my lei, my bring na u •heilige berg en na u woonplek,
4
sodat ek kan ingaan na die altaar van God, na die God wat my van blydskap laat jubel, en sodat ek U, o God, my God, kan prys met 'n lier.
5
Waarom kwyn jy weg, my siel, en is jy so onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom, my God, weer dank vir die verlossing wat Hy, my God, deur sy teenwoordigheid bring.
← Chapter 42
Chapter 44 →