bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 41
Psalms 41
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid.
2
Gelukkig is die mens wat die hulpelose in ag neem; op die dag van onheil sal die Here hom laat ontkom.
3
Die Here sal hom beskerm en in die lewe hou; hy sal gelukkig genoem word in die land. U moet hom nie uitlewer aan die begeerte van sy vyande nie.
4
Die Here sal hom ondersteun op sy siekbed. Waar hy ook al siek lê, maak U hom gesond.
5
Ek, ek het gesê: “ Here, wees my genadig, genees my tog, want ek het teen U gesondig.
6
My vyande wens my kwaad toe, ‘Wanneer sterf hy en verdwyn sy naam?’
7
As iemand my besoek, huigel hy; in sy hart koester hy onheilsgedagtes en as hy buite kom, dan praat hy.
8
Almal wat my haat, fluister onder mekaar oor my. Teen my beplan hulle onheil
9
Hulle sê, ‘Iets slegs het hom aangetas, en hy wat daar lê, sal nie weer opstaan nie.’
10
Selfs my vriend wat ek vertrou het, hy wat my brood geëet het, het die hakskeen teen my gelig.”
11
Maar U, Here, wees my genadig en laat my opstaan, sodat ek hulle kan vergeld.
12
Hieraan weet ek dat U my goedgesind is: dat my vyand nie oor my juig nie.
13
Wat my betref, omdat ek onberispelik is, ondersteun U my. U laat my altyd in u teenwoordigheid staan.
14
Die Here, die God van Israel, moet geprys word, van ewigheid af en vir ewig. Amen, amen.
← Chapter 40
Chapter 42 →