bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 4
Psalms 4
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Vir die •musiekleier. Met snarespel. 'n Psalm. Van Dawid.
2
God wat my reg handhaaf, antwoord my wanneer ek roep. Toe ek in die noute was, het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed.
3
Mense, hoe lank nog gaan julle my eer skend? Julle het nietigheid lief, julle jaag leuens na.
4
Julle moet weet dat die Here sy getroue volgelinge uitsonderlik behandel. Die Here hoor wanneer ek na Hom roep.
5
Sidder, moenie sondig nie; dink na op julle beddens en wees stil.
6
Bring offers van geregtigheid en vertrou op die Here.
7
Baie mense sê: “Wie sal ons weer die goeie laat beleef?” Laat die lig van u teenwoordigheid oor ons skyn, Here!
8
U het vreugde in my hart gegee, meer as in die tyd wanneer mense se koring en •nuwe wyn volop is.
9
In vrede kan ek gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want net U, Here, laat my veilig woon.
← Chapter 3
Chapter 5 →