bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 36
Psalms 36
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Vir die •musiekleier. Van die dienskneg van die Here. Van Dawid.
2
'n Uitspraak oor die oortreding van 'n goddelose leef in my gedagtes: “Daar is geen vrees vir God nie.
3
Want in sy eie oë is hy te seker van homself om sy sondeskuld te ontdek, om dit te haat.
4
Die woorde uit sy mond is onreg en bedrog; hy laat na om wys op te tree, om goed te doen.
5
Onreg bedink hy op sy bed; hy gaan staan op 'n pad wat nie goed is nie; kwaad verwerp hy nie.”
6
Here, tot aan die hemel reik u troue liefde, u getrouheid tot aan die wolke.
7
U geregtigheid is soos massiewe berge, u regspraak soos die groot •oerwater. U verlos mens en dier, Here.
8
Hoe kosbaar is u troue liefde, o God! Mense skuil in die skadu van u vlerke.
9
Hulle drink hulle versadig aan die oorvloed van u huis, uit die stroom van u genietinge laat U hulle drink.
10
Ja, by U is die fontein van lewe, * in u lig sien ons lig.
11
Reik met u troue liefde uit na hulle wat U ken, met u •geregtigheid na die opregtes van hart.
12
Laat 'n verwaande voet my nie inhaal nie, en die hand van goddeloses my nie laat rondswerf nie.
13
Daar val hulle wat onreg pleeg; hulle word platgedruk en kan nie weer opstaan nie.
← Chapter 35
Chapter 37 →