bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 32
Psalms 32
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Van Dawid. 'n Maskiel. Gelukkig is die een wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is.
2
Gelukkig is die mens vir wie die Here sondeskuld nie toereken nie, en in wie se gees geen bedrog is nie.
3
Toe ek stilgebly het, het my gebeente broos geword onder my gekreun die hele dag.
4
Ja, dag en nag was u hand swaar op my; my lewenskrag het weggekwyn soos in die hitte van die somer.
5
My sonde het ek teenoor U erken; my sondeskuld het ek nie bedek nie. Ek het gedink, ek wil my oortredings teenoor die Here bely, en U het my sondeskuld vergewe.
6
Dit is waarom elke getroue volgeling tot U moet bid terwyl die geleentheid daar is. Die geluid van 'n groot watervloed sal hom nie bereik nie.
7
U bied vir my beskutting; U vrywaar my van nood; met jubelkrete van bevryding omring U my.
8
Ek wil jou insig gee, Ek wil jou die pad leer wat jy moet loop. Ek wil jou raad gee, my oog oor jou hou.
9
Moet julle nie soos 'n perd, soos 'n muil sonder verstand, gedra nie: Met toom en stang moet sy krag beteuel word, anders bly hy nie by jou nie.
10
'n Goddelose het baie smarte, maar wie op die Here vertrou – troue liefde omring hom.
11
Verbly julle in die Here, en juig, regverdiges; ja, jubel dit uit, almal met opregte harte.
← Chapter 31
Chapter 33 →