bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 26
Psalms 26
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Van Dawid. Handhaaf my reg, Here, want ek, ek gedra my onberispelik; ek vertrou op die Here, ek wankel nie.
2
Toets my, Here, en stel my op die proef. Suiwer my niere en my hart!
3
Want ek hou u troue liefde voor oë en ek leef volgens u waarheid.
4
Ek sit nie by bedrieërs nie, en by slinkse mense kom ek nie.
5
Ek het 'n weersin in die byeenkoms van kwaaddoeners, en by goddeloses sit ek nie.
6
Ek was my hande om my onskuld te toon, sodat ek rondom u altaar kan loop, Here,
7
om 'n loflied te laat opklink en te vertel van al u wonderdade.
8
Here, ek het die huis waar U woon, lief, u heerlike woonplek.
9
Moet my nie wegruk saam met sondaars, my lewe saam met manne wat bloed vergiet nie,
10
hulle aan wie se hande 'n skanddaad kleef, en wie se regterhand vol omkoopgeld is.
11
Maar ek, ek gedra my onberispelik – red my en wees my genadig!
12
My voet staan op gelyk grond; in die byeenkomste sal ek die Here prys.
← Chapter 25
Chapter 27 →