bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 20
Psalms 20
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid.
2
Mag die Here u antwoord op die dag van benoudheid; mag die Naam van die God van Jakob u beskerm.
3
Mag Hy vir u hulp stuur uit die heiligdom, en u uit Sion ondersteun.
4
Mag Hy al u offergawes in gedagte hou, u •brandoffers aanvaarbaar vind.
5
Mag Hy aan u gee wat u hart verlang, en elkeen van u planne laat slaag.
6
Ons wil juig oor u verlossing, in die Naam van ons God die vaandel hoog hou. Mag die Here aan al u versoeke voldoen!
7
Nou weet ek dat die Here sy gesalfde verlos; Hy sal hom antwoord uit sy •heilige hemel met kragtige verlossingsdade van sy •regterhand.
8
Party beroem hulle op strydwaens, ander weer op perde, maar ons, ons beroem ons op die Naam van die Here ons God.
9
Hulle sak inmekaar en val, maar ons, ons staan op en bly staande.
10
Here, verlos tog die koning! Mag Hy ons antwoord op die dag wanneer ons roep!
← Chapter 19
Chapter 21 →