bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 146
Psalms 146
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Halleluja! Loof die Here, o my siel!
2
Ek wil die Here loof solank ek leef; ek wil my God besing solank ek bestaan.
3
Moenie op vooraanstaandes vertrou nie, op 'n mens, by wie daar geen verlossing is nie.
4
Sy asem gaan uit, hy keer terug na die grond; op daardie dag is sy planne daarmee heen.
5
Gelukkig is die mens wat die God van Jakob as sy hulp het, wie se hoop gevestig is op die Here, sy God –
6
Hy wat hemel en aarde gemaak het, die see, en alles wat daarin is, Hy wat trou bly tot in ewigheid,
7
wat die reg van verdruktes handhaaf, aan hongeres brood gee. Die Here laat gevangenes vry;
8
die Here maak blindes se oë oop; die Here rig dié op wat terneergedruk is. Die Here het regverdiges lief;
9
die Here beskerm •vreemdelinge; vaderloses en weduwees help Hy op, maar die pad van goddeloses maak Hy krom.
10
Die Here sal vir ewig regeer, jou God, Sion, van geslag tot geslag. Halleluja!
← Chapter 145
Chapter 147 →