bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 108
Psalms 108
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
'n Lied. 'n Psalm. Van Dawid.
2
My hart is standvastig, o God. Ek wil sing, ek wil lofsing, ja, van harte.
3
Word wakker, harp en lier! Ek wil die dagbreek wakker maak.
4
Ek wil U dank onder die volke, Here, ek wil U besing onder die nasies;
5
want groot, ja, hoër as die hemel, is u troue liefde; tot by die wolke is u waarheid.
6
Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid oor die hele aarde,
7
sodat u geliefdes gered kan word. Verlos tog met u regterhand en antwoord my.
8
God self het in sy heiligdom verklaar: “Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel, die vallei van Sukkot gaan Ek afmeet.
9
Aan My behoort Gilead, aan My Manasse; Efraim is 'n beskutting vir my kop, Juda is my heerserstaf.
10
Moab is my waskom, op Edom gooi Ek my sandaal; oor Filistea juig Ek.”
11
Wie sal my bring na 'n versterkte stad? Wie sal my lei tot by Edom?
12
Is dit nie U, o God, wat ons verstoot het nie? U, o God, trek nie meer saam met ons leërs uit nie.
13
Kom ons te hulp teen teenstanders – die hulp van mense is nutteloos.
14
Met God tree ons dapper op – Hý sal ons teenstanders vertrap.
← Chapter 107
Chapter 109 →