bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Leviticus 12
Leviticus 12
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Die Here het met Moses gepraat en gesê:
2
“Praat met die Israeliete en sê, ‘Wanneer 'n vrou swanger is en aan 'n seun geboorte gee, sal sy sewe dae lank •onrein wees. Sy sal onrein wees soos gedurende haar menstruasie.
3
Op die agtste dag moet die seun se voorhuid besny word.
4
Drie-en-dertig dae lank moet sy vanweë die bloeding vir reiniging tuis bly. Totdat die dae van haar reiniging verby is, mag sy nie aan enigiets wat heilig is, raak nie en mag sy glad nie na die heiligdom gaan nie.
5
As sy aan 'n dogter geboorte skenk, sal sy twee weke lank onrein wees, net soos gedurende haar menstruasie. Ses-en-sestig dae lank moet sy vanweë die bloeding vir reiniging tuis bly.
6
“ ‘ Wanneer die dae van haar reiniging verby is – of sy nou aan 'n seun of aan 'n dogter geboorte geskenk het – moet sy 'n jaar oue lam as •brandoffer en 'n jong duif of tortelduif as •reinigingsoffer na die priester by die ingang van die •Tent van Ontmoeting bring.
7
Hy moet dit voor die Here naderbring om vir haar versoening te doen en dan sal sy gereinig wees van die vloei van haar bloed. Dit is die voorskrif vir 'n vrou wat geboorte skenk, of dit nou aan 'n seun of 'n dogter is.
8
“ ‘As sy egter nie 'n skaap kan bekostig nie, moet sy twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem: een as 'n brandoffer en een as 'n reinigingsoffer. Die priester sal dan vir haar versoening doen en sy sal rein wees.’ ”
← Chapter 11
Chapter 13 →