bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Jeremiah 47
Jeremiah 47
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Die woord van die Here wat tot Jeremia, die profeet, gekom het oor die Filistyne, voordat die farao Gasa verslaan het.
2
So sê die Here: “Kyk, water gaan styg uit die noorde, en dit gaan 'n spruit in vloed word. Dit sal die land en alles daarop oorstroom, stede en die inwoners daarin. Mense sal om hulp roep; al die inwoners van die land sal huil
3
oor die stampgeluid van sy hingste se hoewe, oor die gedruis van sy strydwaens, oor die gedreun van hulle wiele – ouers draai nie om na kinders nie, omdat hulle hande slap hang –
4
oor die dag wat kom om al die Filistyne te verdelg, om elke helper van Tirus en Sidon wat oorgebly het, uit te roei.” Ja, die Here verdelg die Filistyne, die oorblyfsel van die eiland Kaftor.
5
'n Kaalgeskeerde plek verskyn op die kop van Gasa; Askelon is vernietig. Oorblyfsel van hulle vlakte, hoe lank nog gaan jy jou stukkend kerf?
6
Helaas! Swaard van die Here, hoe lank nog sal jy nie rus hê nie? Keer terug na jou skede; kom tot rus en wees stil!
7
Hoe kan hy dan rus hê? Die Here het hom 'n opdrag gegee teen Askelon en die kusstreek. Daar het Hy hom aangestel.
← Chapter 46
Chapter 48 →