bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Isaiah 64
Isaiah 64
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
As U maar die hemel wou oopskeur en afdaal – die berge sal bewe van u teenwoordigheid.
2
Soos vuur struikgewas laat opvlam, soos water deur vuur tot kookpunt kom, so sal die nasies bewe vanweë u teenwoordigheid, wanneer U u Naam bekend maak aan u teenstanders.
3
Toe U ontsagwekkende dade gedoen het wat ons nie verwag het nie, het U afgedaal; vanweë u teenwoordigheid het die berge gebewe.
4
Van die vroegste tye af het niemand dit gehoor nie, daarvan verneem nie, het geen oog 'n god gesien nie, buiten U, wat optree vir dié wat op Hom wag.
5
U kom elkeen tegemoet wat met vreugde doen wat reg is, wat op u paaie aan U bly dink. Kyk, U was toornig, en ons het gesondig. Ons het lank in sonde verkeer – sal ons verlos word?
6
Ons almal het geword soos iets wat onrein is, soos 'n besoedelde kledingstuk is al ons geregtighede. Ons almal het verwelk soos blare, en soos die wind het ons sondeskuld ons weggedra.
7
Daar is niemand wat u Naam aanroep of homself wakker skud om aan U vas te hou nie; want U het u gesig vir ons verberg, ons oorgelewer aan die greep van ons sondeskuld.
8
Maar nou, Here, U is ons Vader. Ons is die klei en U is ons pottebakker – ons almal is die werk van u hande.
9
Moenie mateloos toornig wees nie, Here; moenie vir altyd ons sondeskuld onthou nie! Ja, sien tog in: Ons almal is u volk.
10
U heilige stede het woestyn geword: Sion is 'n woestyn, Jerusalem het 'n woesteny geword.
11
Ons heilige en pragtige •tempel, waar ons voorouers U geloof het, het 'n prooi van vuur geword – alles wat vir ons kosbaar is, het 'n puinhoop geword.
12
Sal U oor hierdie gebeure U bedwing, Here? Sal U bly swyg, ons mateloos verneder?
← Chapter 63
Chapter 65 →