bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Isaiah 15
Isaiah 15
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Profesie oor Moab. Ja, oornag is Ar-Moab verwoes, vernietig. Ja, oornag is Kir-Moab verwoes, vernietig.
2
Hulle gaan op na die tempel; Dibon gaan na die offerhoogtes om te huil. Moab weeklaag oor Nebo en Medeba; op al hulle koppe is kaal plekke, elke baard is afgeskeer.
3
In hulle strate het hulle rouklere aan; op hulle dakke en hulle dorpspleine weeklaag almal, terwyl hulle huilend neersak.
4
Gesbon en Elale roep om hulp; tot by Jahas word hulle stemme gehoor. Daarom skreeu die gewapende manne van Moab; Moab se moed begewe hom.
5
My hart roep dit uit oor Moab. Sy vlugtelinge is al by Soar, by Eglat-Selisija. Ja, die opdraande na Lugit – terwyl hulle huil, gaan hulle daarteen op; ja, op pad na Goronajim laat hulle noodroepe opklink oor die verwoesting.
6
Ja, die waters by Nimrim word 'n afgryslike plek, want die gras verdor, die plantegroei is tot niet – daar is geen groenigheid meer nie.
7
Daarom, wat hulle gespaar het, wat weggesit is, dit dra hulle oor die Wilgerspruit.
8
Ja, die hulpgeroep weergalm oor die grondgebied van Moab; hulle weeklag dring deur tot by Eglajim, hulle weeklag bereik Beër-Elim,
9
want die waters by Dimon is vol bloed. Tog gaan Ek Dimon verder belas – daar wag leeus vir wie vrykom van Moab, vir wie oorbly in die land.
← Chapter 14
Chapter 16 →