bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Isaiah 12
Isaiah 12
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Jy sal op daardie dag sê: “Ek dank U, Here, Ja, U was toornig op my, maar u toorn het bedaar, U troos my.
2
Kyk, God is my verlossing; ek vertrou en is nie ontsteld nie. Ja, die Here, die Here is my toevlug en my sterkte; Hy het my tot hulp gekom.
3
Julle sal met vreugde water skep uit die fonteine van verlossing.
4
Julle sal op daardie dag sê, ‘Prys die Here! Roep sy Naam uit! Maak onder die volke sy dade bekend! Verkondig dat sy Naam verhewe is!
5
Besing die Here, want verhewe dinge het Hy gedoen; dit moet bekend word oor die hele aarde.’
6
Roep uit en jubel, inwoners van Sion, want die Heilige van Israel is groot in julle midde.”
← Chapter 11
Chapter 13 →