bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Ezekiel 15
Ezekiel 15
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Die woord van die Here het tot my gekom:
2
“Mensekind, wat gebeur met die hout van die wingerdstok anders as wat met al die ander hout gebeur, met die takke wat aan die bome van die bos was?
3
Word van die wingerdstok hout geneem om iets bruikbaars daarvan te maak? Of neem mense 'n stuk daarvan as 'n pen om enigiets aan op te hang?
4
Kyk, dit is vir die vuur bestem, as brandhout. As die vuur sy twee punte verteer het en sy middelstuk is verkool, sal dit deug vir iets bruikbaars?
5
Kyk, toe dit ongeskonde was, kon daarvan nie iets bruikbaars gemaak word nie. Veel minder kan daar, nadat 'n vuur dit verteer het en dit verkool is, iets bruikbaars van gemaak word.”
6
“Daarom, so sê my Heer, die Here, ‘Soos die hout van die wingerdstok hoort by die hout van die bos wat Ek vir die vuur as brandhout gegee het, net so het Ek die inwoners van Jerusalem oorgegee.
7
Ek draai teen hulle. Uit die vuur het hulle gekom, maar die vuur sal hulle verteer. Julle sal besef dat Ek die Here is wanneer Ek teen hulle draai.
8
Ek sal die land 'n woesteny maak, omdat hulle troubreuk gepleeg het.’ Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. ”
← Chapter 14
Chapter 16 →