bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 84
Psalms 84
Afrikaans 1983
1
Vir die koorleier: met musiek. Van die Koragiete. 'n Psalm.
2
Hoe lief het ek u woning, Here, Almagtige!
3
Ek versmag van verlange na die tempel van die Here; met alles wat ek is, wil ek jubel oor die lewende God.
4
Selfs 'n mossie het 'n nes en 'n swaeltjie 'n plek vir haar kleintjies daar by u altare, Here, Almagtige, my Koning en my God!
5
Dit gaan goed met mense vir wie u huis 'n tuiste is: hulle hou nie op om U te prys nie. Sela
6
Dit gaan goed met mense wat hulle krag in U vind en graag na u tempel toe gaan.
7
Vir hulle gaan daar fonteine oop wanneer hulle deur 'n dorre laagte trek en die vroeë reëns sy seëninge bring.
8
Keer op keer ontvang hulle nuwe krag totdat hulle voor God in Sion verskyn.
9
Here, almagtige God, hoor my gebed, luister tog, God van Jakob! Sela
10
Sien tog om na die koning, ons beskermer, o God; hou u gesalfde onder u sorg.
11
Waarlik, één dag in u tempel is beter as duisend daarbuite. Ek staan liewer by die drumpel van die huis van my God as om te woon in huise sonder God.
12
Die Here God is ons krag en ons beskerming, die Here gee genade en eer, Hy weerhou die goeie nie van dié wat reg lewe nie.
13
Here, Almagtige, dit gaan goed met die mens wat op U vertrou!
← Chapter 83
Chapter 85 →