bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 82
Psalms 82
Afrikaans 1983
1
'n Psalm van Asaf. In die hemelse vergadering, tussen die hemelwesens, staan God op om uitspraak te lewer:
2
“Hoe lank gaan julle nog onregverdige beslissings vel, nog partydig wees vir die goddelose? Sela
3
Julle moet reg laat geskied aan die mens in nood en aan die weeskind, 'n regverdige uitspraak vir die hulpelose en die behoeftige lewer,
4
julle moet die mens in nood en die arme bevry, hulle uit die mag van die goddelose red;
5
maar julle weet niks, julle verstaan niks, julle gaan eenvoudig in duisternis voort, en so word die fondamente van die wêreld geskud.
6
Ek het wel gesê: Julle is almal gode, almal met mag beklee.
7
Maar nou, julle sal elkeen sterwe soos 'n mens en aan julle einde kom soos enige maghebber.”
8
Kom tog, o God! Lewer uitspraak oor die wêreld, want al die nasies behoort aan U.
← Chapter 81
Chapter 83 →