bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 8
Psalms 8
Afrikaans 1983
1
Vir die koorleier: met musiek. 'n Psalm van Dawid.
2
Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het!
3
Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het. So word u teëstanders, die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring.
4
As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het,
5
wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien?
6
U het hom net 'n bietjie minder as 'n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon,
7
U laat hom heers oor die werk van u hande, U het alles aan hom onderwerp:
8
skape en beeste, alles; selfs die diere in die veld,
9
die voëls in die lug, en die visse in die see wat die oseane deurkruis.
10
Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde!
← Chapter 7
Chapter 9 →