bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 70
Psalms 70
Afrikaans 1983
1
Vir die koorleier. Van Dawid. Ter herinnering.
2
Red my tog, o God, Here, kom my tog gou te hulp!
3
Laat dié wat my lewe wil neem, self in die ellende beland, teleurgestel in hulle verwagting. Laat dié wat graag my ondergang wil sien, op die vlug slaan en beskaamd staan.
4
Laat dié wat my spot, padgee omdat hulle self in die ellende beland het.
5
Laat almal wat by U hulp soek, jubel en bly wees oor U, laat dié wat op u hulp staatmaak, altyddeur sê: God is groot!
6
Ek is hulpeloos en arm; kom tog gou na my toe, o God. U is my hulp en my redder, Here, moet tog nie talm nie!
← Chapter 69
Chapter 71 →