bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 67
Psalms 67
Afrikaans 1983
1
Vir die koorleier: met snarespel. 'n Psalm. 'n Lied.
2
Mag God ons genadig wees en ons seën, mag Hy tot ons redding verskyn, Sela
3
sodat sy dade oor die wêreld heen bekend mag word, sy reddende krag onder alle nasies.
4
Mag die volke U loof, o God, mag al die volke U loof!
5
Mag die nasies bly wees en jubel omdat U hulle regverdig regeer en hulle op die aarde lei. Sela
6
Mag die volke U loof, o God, mag al die volke U loof!
7
Die land het sy oes gelewer. God, ons God, het ons geseën.
8
God het ons geseën. Die mense op die hele aarde moet Hom eer.
← Chapter 66
Chapter 68 →